Wednesday 23 January 2013

'n Woord oor Melkboerdery

Artikel deur Wille Cronje soos verskyn in die Daily Mail op 16 Januarie 2013

Mnr. Lorenz Schreve boer al die afgelope 13 jaar met melkbeeste in die Riversdal distrik. Agricol bedien  hom  reeds vanaf 2004 met advies en help hom ook met die keuse van verskillende weidingsvariteite. Mnr. Schreve boer met ‘n gemengde kudde vanaf ongeveer 55 ha weidings onder besproeiing, waarvan die grootste persentasie  kikuju is,wat  jaarliks versterk word met raaigras en klawer.  75% van die melkbeeste se totale Droë Materiaal (DM) behoefte word op die plaas geproduseer en die ander  25% aangekoop in die vorm van kragvoer. Die gemiddelde hoeveelheid kragvoer per koei per dag vir die afgelope 8 jaar, beloop 300g/liter. Hy koop feitlik geen ruvoer aan nie en het vir dieafgelope aantal jare slegs gedurende 2010/2011 lusernhooi as addisionele ruvoer ingekoop.  Hierdie was ‘n abnormale droë tyd in die omgewing. Kuilvoerbale word gemaak van die surplus weiding en strategies aangewend deur die jaar.

Die kudde het vanaf 2004 met 76 % gegroei,  terwyl  die oppervlakweiding onder besproeiing met slegs 24 % toegeneem het. Die resultaat hiervan is dat die drakrag van die plaas baie verbeter het en daarmee saam ook ‘n geweldige effek op winsgewendheid het.





 















Enkele vrae is aan hom gestel waarop hy soos volg geantwoord het:

1.    Wat is die redes vir jou sukses as melkboer?

  • Ek volg ‘n konserwatiewe benadering wat my boerdery en lewenswyse betref. Ek koop nie gereeld nuwe implimente nie, maar hou dit wat ek het goed instand en sorg dat reperasiekoste laag bly. 
  • Ek het naas my boekhouer ‘n eenvoudige boekhoustelsel wat ekself beheer en dit help my om sekere bestuursbesluite te neem. Ek weet presies wat my inkomste en uitgawes is.
  • Jy moet jouself as ‘n weidingsboer en nie as ’n melkboer kwalifiseer.
  • Sorg dat daar altyd meer as genoeg weidings vir jou diere beskikbaar is. Weidings is die goedkoopste bron van ruvoer en daarom moet jy alles in jou vermoë doen om jou weidings se kwaliteit en kwantiteit te optimiseer. Ekvul hulle energie en vitamien/mineraal behoefte aan met ‘n minimale hoeveelheid kragvoer.As my weiding te min raak sal ek eerder koeie verkoop as om ruvoer in te koop.
  • Ek wil melk produseer vanaf weidings  en nie vanaf gekoopte voer nie. Dit is nie vir my ‘n uitdaging om te kyk hoeveel koeie ek kan melk nie, maar die wins wat ek op die plaas  maak is baie meer belangrik. Hoë stalgemiddeldes is nie noodwendig hoë wins nie.
  • Die stalgemiddeld wat my kudde handhaaf  dra by tot meer laktasies per koei – die uiers hou baie langer – mastitis is nie ‘n probleem nie en my veearts en medisyne rekening is onder beheer.

2.    Met watter tipe weiding versterk jy die kikuju?

  • Ek gebruik beslis ENERGA as basis en kombineer dit met ‘n ander variteit soos Agri-Hilton. 
  • Meerjarige raaigras word ook gebruik. Nui gebruik ek al vir ‘n paar jaar, maar gebruik ook Bealey. Die intensiteit van die somer het ‘n groot effek op die sukses van die meerjarige raaigras, maar ek sal dit nogsteeds in ‘n mengsel gebruik.
  • Wat klawer betref het ek al Assegaai-, Berseem-, en Persiese klawer gebruik.
3.    Wat is die prosedure wat jy volg om die kikuju te versterk?
  • Ek wil net sê dat die stelsel wat ek volg vir my werk en dat dit nie noodwendig op elke ander plaas sal werk nie.
  • Ek gebruik ‘n kapper (mulsher) om die kikuju vanaf die eerste week van Februarie kort te kap. Dit gebeur net na beweiding.
  • Hierna word ongeveer 100kg/ha ureum toegedien en goed besproei.
  • Die koeie wei weer hierdie ” gekapte”  kikuju na ongeveer 4 weke.
  • Na hierdie beweiding (vanaf 1ste week Maart gebruik ek ‘n weidingsplanter om die saad in die kikuju in te plant).
  • Die saadmengsel bestaan uit eenjarige raaigras, meerjarige raaigras en eenjarige klawer teen 30kg/ha.
4.    Watter aspekte sal jy nog wil aanspreek in jou boerdery?
  •  Ek sal aanhou eksperimenteer  met nuwe weidingsvariteite sonder om te veel af te wyk van my huidige stelsel. 
  • Ek wil my weidingsbestuur nog baie meer verbeter .

5.    Watter advies het jy vir jou mede produsente? 

  • Indien jou plaas dit toelaat moet jy baie aandag aan jou weiding gee.  Koop so min as moontlik ruvoer in. 
  • Kry kundige mense in om jou te adviseur.
  • Moenie koeigetalle en melkproduksie “jaag” nie, maar fokus op WINS.

Mnr. Schreve kan gekontak word by:                    

082 343 9929                    
028 713 3975


No comments:

Post a Comment